Skip to content

DA gaan betoog oor beweerde nepotisme by Levai Mbatha-kliniek

# Die DA in Gauteng gaan betoog voor die Levai Mbatha-kliniek oor beweerde kaderontplooiing en nepotisme in ‘n sypaadjie-konstruksie-tender. Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga, sal die betoging lei en ‘n versoekskrif aan die kliniek se bestuur oorhandig waarin hy deursigtigheid en billike werksgeleenthede vir gemeenskapslede eis. Die DA beweer die speaker van Emfuleni, Sibongile Soxuza, het haar man, haar seun en individue wat met die ANC verbind is, in diens geneem terwyl sy werklose plaaslike inwoners opsy geskuif het.