Skip to content

Rugby: Die Springbok-stut Wilco Louw keer terug van die Bulle na die Stormers

# Rugby: Die Springbokstut Wilco Louw sal op ‘n langtermynkontrak vanaf die Bulle terugkeer na die Stormers aan die begin van die 2026/27-seisoen. Die oudleerling van HTS Drostdy in Worcester het in 2015 sy buiging vir die Stormers gemaak. Hy keer terug na die span wat hy as kind ondersteun het en vir wie hy reeds 46 wedstryde gespeel het. Die unie se direkteur van rugby, John Dobson, sê om Louw terug te bring is ‘n aanduiding van die rigting waarin die span in die toekoms wil beweeg.