# Die DA waarsku oor die voedingskrisis in Gauteng wat vererger, met 130 kinders onder vyf jaar wat jaarliks weens wanvoeding sterf. Die DA se gesondheidswoordvoerder, Jack Bloom verwys na inligting deur die Departement van Gesondheid in Gauteng wat aandui dat agt-duisend-546 wanvoedingsgevalle verlede jaar behandel is, met ernstige gevalle in hospitale of mobiele klinieke. Baie sterftes is verbind met infeksies of laataanmelding by gesondheidsinstellings. Hy vra dringende optrede deur die regering, die bevordering van voedingsleer, borsvoeding, en veiligheidsnetwerke om kindersterftes te voorkom:
DA besorg oor voedingskrisis in Gauteng wat lei tot wanvoeding en sterftes [KLANK]
ENG-BloomOnHunger