Skip to content

Tennis: Sabalenka onttrek aan Chinese Ope weens ’n besering

# Tennis: Die wêreld-nommer-een en heersende Amerikaanse Ope-kampioen, Aryna Sabalenka, het weens ʼn ligte besering onttrek aan volgende week se Chinese Ope. Die Belarus het al drie keer die kwarteindronde in Beijing gehaal: in 2018, 2023 en verlede jaar. Met Sabalenka se onttrekking is die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, die eerste gekeurde. Ander deelnemers sluit in die verdedigende kampioen, Coco Gauff, nog ʼn Amerikaner, die Wimbledon- en Amerikaanse Ope-naaswenner Amanda Anisimova, die Italianer Jasmine Paolini en die plaaslike gunsteling Qinwen Zheng.