Skip to content

Tshwane eis verslag van TMPD oor korrupsiebewerings by sy voertuigskutdepot

# Die Stad Tshwane se Artikel 79-Munisipale Openbare Rekeningskomitee eis ‘n verslag van die Metropolisiedepartement. Dit is oor bewerings van korrupsiebewerings by die TMPD se voertuigskutdepot in Streek 3 in die stadsentrum. Die komiteevoorsitter Godwin Ratikwane sê die bewerings is dat TMPD-beamptes nie gekonfiskeerde voertuie aanteken nie, met eienaars wat beamptes regstreeks betaal, in teenstelling met betaling by die metro se aangewese betaalpunt. Hy sê hulle sal nog toesigbesoeke aflê om korrupsie binne die TMPD te verminder.