# ActionSA sê hulle ondersteun die gemeenskap van Overcome Heights, waar ma’s hulself gister aan die hekke van die Parlement vasgeketting het. Hulle het betoog teen die toename in bendegeweld op die Kaapse Vlakte en pleit by president Cyril Ramaphosa om op te tree. Die party vra dat die president ‘n noodtoestand op die Kaapse Vlakte afkondig. Matthew George van ActionSA sê ‘n noodtoestand sal die nodige hulpbronne en operasionele kapasiteit toelaat om bendes ‘n nekslag toe te dien:
ActionSA steun Overcome Heights-gemeenskap se protesoptrede teen bendegeweld [KLANK]
ENG MatthewonMothers