# Die nieregeringsorganisasie, Whistleblower House,sê die Madlanga-kommissie moet seker maak fluitjieblasers word beskerm. Die kommissie wat bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in Suid-Afrika se regstelsel moet ondersoek, begin vandag. KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sal eerste getuig. Ben Theron van Whistleblower House het aan eNCA gesê indien fluitjieblasers beskerm word, sal straffeloosheid verminder en aanspreeklikheid vanselfsprekend wees:
Whistleblower House sê Madlanga-kommissie moet behoorlike sekuriteit vir fluitjieblasers verseker [KLANK]
ENG TheronOnProtection