# Die Verenigde Nasies se onafhanklike internasionale ondersoekkommissie oor die besette Palestynse gebied het bevind Israel se optrede in Gaza kom neer op volksmoord. In ʼn nuwe verslag word Israel onder meer beskuldig dat hy burgerlikes teiken wat hy volgens wet moet beskerm, en onmenslike toestande skep wat Palestyne se dood veroorsaak. Israel verwerp die verslag as anti-Semitiese leuens wat deur Hamas geïnspireer is. Die ondersoekkommissie se voorsitter, Navi Pillay, sê volksmoord in Gaza is ʼn morele wandaad:
VN sê voortgesette volksmoord in Gaza is morele wandaad [KLANK]
ENG PillayOnGenocide