Skip to content

Atletiek: Nene van Suid-Afrika dring deur na eindronde van 400m in Tokio

# Atletiek: Zakithi Nene van Suid-Afrika het deurgedring na die eindronde van die mans 400-meter op die wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Hy het sy uitdun in die vyfde vinnigste tyd gewen, maar sy landgenoot Lythe Pillay het uitgeval. Drie atlete van Botswana gaan aan die eindronde deelneem. Busang Kebinatshipi se tyd van 43,61-sekondes is tans die vinnigste in die wêreld. Sy landgenote Bayapo Ndori en Lee Eppie sluit by hom aan. Onder die ander deelnemers is Rusheen McDonald van Jamaika, die Amerikaner Jacory Patterson en die plaaslike atleet Yuki Nakajima.