# Sokker: Die groepfasewedstryde van die Kampioeneliga begin vanaand, met 36 spanne wat dit uitspook om die Europese kampioen te word. In die groepfase speel elke span teen agt spanne met vier tuiswedstryde en vier wegwedstryde. Spanne wat onder die eerste agt eindig, kwalifiseer outomaties vir die laaste 16, terwyl die negende tot 24ste spanne aan uitklopwedstryde van twee rondes elk sal deelneem. In vandag se wedstryde, speel die 15-malige kampioen Real Madrid teen Marseille, Arsenal kom teen teen Athletic Club te staan, terwyl Juventus en Dortmund sake sal uitspook.
Sokker: Kampioeneliga is terug