# Atletiek: Tshepo Tshite is deur na die eindronde van die mans-duisend-500-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio, die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon regkry sedert Johan Cronjé brons gewen het in Moskou in 2013. Marioné Fourie is uitgeskakel in die vroue-100-meter-hekkies-halfeindronde. In die mans-110-meter hekkies kon die Suid-Afrikaners John Adesola, Mondray Barnard en Antonio Alkana nie verby die eerste ronde vorder nie. In die paalspring-kwalifiseringsronde kon Miré Reinstorf en Kyle Rademeyer, asook die hoogspringer Brian Raats, nie een keer oor die dwarslat seil nie.
Atletiek: Tshepo Tshite van SA deur na die 1500m- eindronde op Wêreldkampioenskap