Skip to content

Krieket: Pakistan vra verwydering van wedstrydskeidsregter na omstrede Asiëbekerwedstryd teen Indië

# Krieket: Die Pakistanse beheerliggaam vra wedstryd-skeidsregter Andy Pycroft moet verwyder word na die Asiëbekerwedstryd teen Indië in Dubai. Dit volg nadat die Indiese spelers geweier het om hand te skud na die kragmeting, wat hulle met sewe paaltjies gewen het. Dit was die eerste wedstryd tussen die twee aartsvyande sedert die vierdaagse militêre konflik in Mei. Die voorsitter van die Pakistanse Krieketraad, Mohsin Naqvi, het dit as swak sportmanskap bestempel en ‘n klagte teen Pycroft by die Internasionale Krieketraad ingedien vir ‘n oortreding van die gedragskode.