# Krieket: Pakistan het teleurstelling uitgespreek nadat Indië geweier het om hande te skud gedurende gister se Asië-bekerwedstryd tussen die twee aartsvyande in Dubai. Die kapteins het nie hande geskud na die loot nie en die spelers het mekaar nie bedank nadat Indië met sewe paaltjies gewen het nie. Dit was die buurlande se eerste wedstryd sedert die vierdaagse militêre konflik in Mei. Pakistan se hoofafrigter, Mike Hesson, sê dit was ‘n teleurstellende einde, wat daartoe gelei het dat sy kaptein, Salman Agha, nie die prysuitdeling bygewoon het nie.
Krieket: Pakistan teleurgesteld na Indië weier om hande te skud by Asië-beker