# Die polisie in Tshwane sê die soektog na drie verdagtes wat ʼn polisiebeampte Vrydag in Temba, Hammanskraal, vermoor het, gaan voort. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê beamptes het die Chris Hani-afdeling, Blok G, gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte voertuig opmerk. Sy sê toe hulle die voertuig nader, is ʼn 33-jarige konstabel noodlottig gewond. Muridili sê alle hulpbronne is ontplooi om die verdagtes vas te trek.
Polisie soek steeds verdagtes in verband met moord op polisielid in Hammanskraal