# Rugby: Die vier voorste spanne is deur na die halfeindronde van die Vroue-Wêreldbekertoernooi. Die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, het Suid-Afrika 46–17 verpletter en ‘n opwindende halfeindstryd word Vrydag verwag teen die wêreld-nommer-twee, Kanada, wat Australië in die kwarteindronde 46–5 afgeransel het. In die ander deel van die trekking kom die gasvrou en wêreld-nommer-een, Engeland, Saterdag in Exeter teen Frankryk te staan. Engeland het Skotland 40-8 verslaan terwyl Frankryk Ierland naelskraaps 18-13 geklop het.
Rugby: Die vier voorste spanne ding mee in halfeindronde van Vroue-Wêreldbekertoernooi