# Die Europese Unie veroordeel Rusland se skending van Roemenië se lugruim. Dié land se ministerie van Verdediging sê hy het die naweek ʼn Russiese hommeltuig opgemerk toe twee F-16-vegvliegtuie die land se grens met Oekraïne gepatrolleer het. Pole het verlede week minstens drie Russiese hommeltuie in sy lugruim afgeskiet. Die EU-hoof van Buitelandse Beleid, Kaja Kallas, beskryf die voorval as nog ʼn onaanvaarbare skending van ʼn staat se soewereiniteit. Sy sê hierdie voortgesette roekelose optrede hou ʼn bedreiging in vir streeksveiligheid.
Europese Unie veroordeel Russiese hommeltuie se skending van Roemenië se lugruim