# Die Madlanga-kommissie verwerp bewerings dat ondersoekers en getuienisleiers meer as normale tariewe betaal sal word. Die koste van die kommissie word op 147,9-miljoen-rand beraam. Dit sal na verwagting styg omdat die kommissie waarskynlik nie sy werk binne ses maande sal afhandel nie. Die ondersoekers en getuienisleiers sal oor die ses maande meer as 64-miljoen-rand betaal word. Die kommissie sê die tariewe is billik en ooreenkomstig vereistes van die regsektorkode.
Madlanga-kommissie is tevrede met bedrae wat aan getuienisleiers betaal word