# Die ANC-jeugliga het berigte van faksiegevegte en ‘n opvolgingstryd binne sy geledere verwerp en dit as vals en ‘n verdigsel bestempel. Volgens City Press was die jeugliga se Nasionale Algemene Raad wat verlede week gehou is, deurspek van vergaderings om ‘n mosie van wantroue teen president Collen Malatji in te dien. Die ANC-jeugliga sê geen opvolgersname is op enige stadium tydens die kongres bespreek nie. Die liga sê die raad het ‘n eenparige besluit geneem om ‘n vroeë nasionale kongres te versoek.
ANC-jeugliga verwerp berigte oor faksiegevegte en opvolgingsgesprekke