Skip to content

Atletiek: Teleurstelling vir Suid-Afrika in die 100m-eindronde op die Wêreldkampioenskap

# Atletiek: Die 24-jarige Oblique Seville het sy Jamaikaanse landgenoot, Kishane Thompson, geklop om goud te verower in die mans-100-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio. Die verdedigende kampioen, Noah Lyles van Amerika, was derde. Dit is Jamaika se eerste wêreldnaelloop-titel sedert Usain Bolt in 2016. Die Suid-Afrikaners Gift Leotlela en Akani Simbine was vyfde en sewende. Die Suid-Afrikaanse rekordhouer in die vroue-100-meter hekkies, Marioné Fourie, is deur na die halfeindronde en die Suid-Afrikaanse kampioen Zakithi Nene en sy landgenoot Lythe Pillay na die halfeindronde van die mans-400-meter.