# Ses-en-twintig polisiebeamptes is beseer tydens ‘n betoging wat deur die ver-regse aktivis, Tommy Robinson, gereël is, met soveel as 150-duisend mense in die strate van sentraal-Londen. Spanning het hoog geloop tydens die Unite the Kingdom-saamtrek, met betogers wat bottels en ander voorwerpe na die polisie gegooi het. In ‘n teen-protes het vyf-duisend betogers aan die Stand Up To Racism-betoging deelgeneem. Robinson, oftewel Stephen Yaxley-Lennon, het die skare by die “vryheid van spraak-fees” toegespreek. Hy beweer die howe in Brittanje ag die regte van ongedokumenteerde migrante bo dié van plaaslike gemeenskappe.
Talle polisiebeamptes beseer met meer as 150 000 betogers by Tommy Robinson-saamtrek in Londen