# Sokker: Orlando Pirates het Saterdag geskiedenis gemaak met ‘n vierde agtereenvolgende sege in die MTN8-toernooi na ‘n oorwinning van 3-0 oor Stellenbosch in die eindstryd op die Orlando Stadion. Na 90 minute sonder enige doele, het die Buccaneers drie doele in ekstra tyd aangeteken. Tshepang Moremi het in die 92ste minuut ‘n doel aangeteken, met nog een deur Tshegofatso Mabasa nege minute later, terwyl Moremi die oorwinning beklink het met ‘n derde doel in die 110de minuut. Pirates is die eerste span wat die die trofee vir ‘n derde jaar suksesvol verdedig, met Stellenbosch wat die afgelope twee jaar in die eindronde was.
Sokker: Pirates wen vierde agtereenvolgende MTN8-titel