# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê hy is hoogs tevrede met sy span se grootste oorwinning ooit teen die All Blacks, maar sê hulle het ‘n moeilike taak teen Argentinië in hul oorblywende twee Rugbykampioenskap-wedstryde. Die 43-10 oorwinning is die grootste pakslae wat die All Blacks nog ooit op die hals gehaal het. Die Bokke is nou weer boaan die wêreldranglys en hulle behou die Vryheidsbeker vir die tweede agtereenvolgende jaar. Erasmus het ook die lojale Springbok-ondersteuners geprys en gesê hy is bly dat die span weereens die land trots gemaak het.
Rugby: Erasmus tevrede met rekord, maar sê die Bokke het nog baie om te bereik