Skip to content

Rugby: Jarelange mededinging leef vandag voort in die Vroue-Wêreldbeker

# Rugby: Die jarelange mededinging tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal vandag in die Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Engeland voortleef. Die Springbok-vroue kom teen die verdedigende kampioen te staan in die eerste kwarteindstryd, wat vanmiddag twee-uur in Exeter afskop. Kanada en Australië speel daarna in Bristol. Frankryk en Ierland speel môre in Exeter vir ‘n plek in die halfeindronde, terwyl die gasvroue in Bristol teen Skotland speel. Die halfeindstryde word volgende week gespeel en die eindstryd die 27ste.