# Die MK-party eis die onmiddellike bedanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina. Dit volg nadat die minister onthul het raadsvoorsitters van talle waterinstellings het aansienlike betalings ontvang vir ʼn beperkte getal vergaderings wat hulle bygewoon het. Die MK-party sê raadslede kos die land jaarliks byna 50-miljoen-rand aan raadsfooie, al gaan die meeste munisipaliteite gedurig gebuk onder waterprobleme. Die party eis ʼn oudit deur die Spesiale Ondersoekeenheid en ʼn moratorium op raadbetalings tot die ondersoek afgehandel is.
MK-party sê minister Majodina moet bedank oor buitensporige betalings aan waterraad-lede