# Die regsverteenwordiger van Netflix, Tembeka Ngcukaitobi, het die regspan van veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, en sy voormalige vriendin, Nandipha Magudumana, veroordeel, omdat hulle die paar se optrede minimaliseer. Met sy betoog in die Hooggeregshof in Pretoria, het Ngcukaitobi beklemtoon dat Bester ontsnap het terwyl hy ’n lewenslange vonnis uitgedien het en is nie formeel vrygelaat nie. Hy beklemtoon die Beauty and the Bester dokumentêr, wat afhangende van die hofuitspraak vir vandag geskeduleer is, gebruik getuienis wat in die hof voorgelê is:
Netflix voer aan dokumentêr weerspieël getuienis wat in die hof teen Bester en Magudumana voorgelê is [KLANK]
ENG-NgcukaitobiOnBesterDocu