# Amerikaanse speurders het nog nie die persoon wat die Amerikaanse konserwatiewe jeug-leier, Charlie Kirk, vermoor het, gevind nie, maar hulle het beeldmateriaal van hom. Die FBI het ook aangekondig dat hulle ‘n wapen herwin het wat hulle meen die moordwapen is. ‘n FBI agent, Robert Bohls, het aan die media gesê dit is ‘n hoë kaliber grendelaksiegeweer. Amerikaanse speurders sê hulle is vol vertroue dat hulle die aanvaller sal indentifiseer en gebruik tegnologie om ‘n naam aan die gesig te koppel.
Amerikaanse speurders vind wapen wat gebruik is om Kirk te vermoor, het foto’s van verdagte