# Atletiek: Usain Bolt glo hy sou die 100-meter in 9,42 sekondes kon afblits in die super-spykerskoene wat deesdae gebruik word. Die Jamaikaan het die wêreldrekord van 9,58 sekondes in 2009 opgestel op die wêreldkampioenskap in Berlyn, Duitsland, en ook die wêreldrekord van 19,19-sekondes in die 200-meter op dieselfde byeenkoms. Albei staan steeds. Bolt stem saam met Puma, wat sy hardloopskoene verskaf het, wat deur navorsing bevind het hy sou ‘n nuwe wêreldrekord kon opstel in hulle nuwe koolstof-spykerskoene.
Atletiek: Bolt glo hy sou ‘n wêreldrekord van 9,42 sekondes kon opstel met super-spykerskoene