# Die VSA herdenk vandag 24 jaar sedert die 11 September 2001 terreuraanvalle op New York, Washington, D.C., en Shanksville, Pennsylvania. Bykans drie-duisend mense is dood toe Al-Kaïda-kapers met vliegtuie in die Wêreldhandelsentrum en die Pentagon vasgevlieg het en ‘n ander vliegtuig in ’n veld in Pennsylvania neergestort het. Families sal in New York byeenkom vir die lees van die name en ses oomblikke van stilte sal gehandhaaf word. Die president van Amerika, Donald Trump sal ‘n gedenkdiens by die Pentagon bywoon.
VSA herdenk 24-jaar sedert die 9/11 aanvalle