Skip to content

Starmer dank Mandelson af as Amerikaanse ambassadeur oor e-posse aan Epstein

# Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het Peter Mandelson afgedank as ambassadeur in Amerika ná toenemende kritiek op sy verhouding met die ontslape Amerikaanse kinderseks-oortreder Jeffrey Epstein. Buitelandse Sake sê in ‘n verklaring die besluit is geneem weens bykomende inligting in e-posse wat Mandelson geskryf het. Dit toon die diepte en omvang van sy verhouding met Epstein het wesenlik verskil van wat bekend was tydens sy aanstelling. Mandelson was ‘n belangrike skakel tussen Starmer en die Amerikaanse president, Donald Trump, in ‘n kritieke diplomatieke tyd tussen die lande.