Skip to content

Atletiek: Simbine gereed om eerste individuele 100-meter-medalje te wen op Wêreldkampioenskap

# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse naelloper, Akani Simbine, sê hy is vol vertroue dat hy sy eerste individuele 100-meter-medalje kan inpalm op die Wêreld-kampioenskap wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Hy sal ook deelneem aan die vier-maal-100-meter-aflos. Die 31-jarige atleet het hierdie seisoen drie Diamantliga-oorwinnings behaal en in Maart ook ʼn bronsmedalje verower op die Binnenshuise Wêreldkampioenskap. Simbine sê die medaljes wat hy wen, is bloot die kersie op die koek.