Skip to content

Rugby: All Black-afrigter bring ses veranderinge aan vir kragmeting met Springbokke in Wellington

# Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, het ses veranderinge aangebring aan die span wat Saterdag in Wellington teen Suid-Afrika uitdraf in hulle tweede Rugbykampioenskapstoets. Die nuweling Leroy Carter vervang Rieko Ioane op linkervleuel. Samisoni Taukei’aho staan in vir Codie Taylor, wat harsingskudding het. Will Jordan verskuif van heelagter na regtervleuel in die plek van die beseerde Emoni Narawa. Noah Hotham en Tyrel Lomax is terug in die opdrafspan en Brodie McAlister is op die bank.