# ‘n Mosambiekse tradisionele geneser, Aizeque Zacaria Cumbuia, het sy borgtogaanbod in die Ga-Rankuwa Landdroshof in Tshwane laat vaar. Die 26-jarige staan tereg op ‘n aanklag van die besit van menslike weefsel nadat die polisie in Augustus na bewering liggaamsdele in sy werkskamer ontdek het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die vonds word verbind met ‘n moordsaak in Brits waarin ‘n vrou vermoor, haar ledemate verwyder en haar liggaam daarna verbrand is. Die saak is tot 14 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.
Mosambiekse tradisionele geneser laat vaar borgtogaansoek in menslike weefselsaak