# Rugby: Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het baie vertroue in die jong agterlyn vir Saterdag se tweede Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Wellington. Hy wil graag sien wat die jong, opwindende spelers kan uitrig na verlede week se nederlaag in Auckland. Vermeulen glo dis die perfekte geleentheid vir die afrigters om te sien hoe die onervare spelers onder druk vertoon terwyl daar gebou word vir 2027 se Wêreldbekertoernooi. Hy glo die voorspelers sal die agterspelers goed ondersteun met skoon balle om mee aan te val.
Rugby: Vermeulen het baie vertroue in die jong Springbok-agterlyn vir die toets in Wellington