# Krieket: Suid-Afrika se T20-kaptein, Aiden Markram, sê die SA20 gee meer spelers die geleentheid om hulle vaardighede ten toon te stel en die poel vir die nasionale span te vergroot. Die veelsydige speler, wat op gister se spelerveiling vir ‘n reuse-14-miljoen-rand aan Durban’s Super Giants verkoop is, het gepraat voor vandag se eerste T20 teen Engeland in Cardiff, Wallis. Markram sê die kompetisie help onervare spelers om aan die groot verhoog blootgestel te word en hulle voor te berei vir internasionale deelname. Vanaand se wedstryd begin 7.30.
Krieket: Markram sê SA20 help onervare spelers om vir die groot verhoog voor te berei