# Rugby: Die Springbok-Vroue legende, Sinazo Mcatshulwa sal Saterdag haar 42ste wedstryd vir die Springbokke speel wanneer hulle Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Vroue-wêreldbeker in Exeter, England, aandurf. Die span is sonder Chumisa Qawe wat geskors is nadat sy ‘n rooikaart teen Frankryk gekry het. Dit word verwag dat die span môre aangekondig word met Mcatshulwa wat hoop om die nommer sewe trui te dra. Sy sê die span is opgewonde dat hulle die kwareindronde gehaal het en dit is goed vir hulle selfvertroue.
Rugby: Springbok-vroue gereed vir geskiedkundige kwarteindstryd teen Nieu-Seeland