Skip to content

VN Omgewingsprogram sê as ontbossing gestaak word kan dit help met die klimaatkrisis

# Lande berei tans voor om hul nasionale klimaatbeloftes te wysig en kenners vra hulle om wesenlike teikens in te sluit om ontbossing te beëindig en woude te herstel. Volgens die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram kap die mensdom elke jaar tien-miljoen hektaar woude af, gelykstaande aan die grootte van Portugal. Tropiese gebiede stel elke jaar meer as 5,6-miljard ton kweekhuisgasse vry. Die program sê woude ondersteun nie net ryk bioverskeidenheid en voorsien menslike samelewings en ekonomieë nie, maar speel ook ‘n belangrike rol om die klimaat bestendig te maak.