Skip to content

Atletiek: VSA Olimpiese silwermedalje gewigstootatleet, Raven Saunders, vir 30-maande geskors

# Atletiek: Die Amerikaanse Olimpiese silwermedalje-wenner in gewigstoot, Raven Saunders, het ‘n skorsing van 30-maande van die Amerikaanse Teen-opkikkeragentskap aanvaar. Saunders het drie keer in twaalf maande nie die beskikbaarheidsvereistes nagekom nie. Die 29-jarige was nie beskikbaar vir toetse in April, Mei en Desember verlede jaar nie. Die skorsing het begin op 26 Desember toe sy die derde keer nie beskikbaar was vir ‘n toets nie. Die agentskap sê akkurate beskikbaarheidsinligting is noodsaaklik om toetsing buite kompetisies te doen om die gebruik van opkikkers op te spoor en te verhoed.