Skip to content

Polisiebeamptes aangemoedig om werknemergesondheids- en welstandsdienste gereeld te gebruik [KLANK]

# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moedig polisiebeamptes aan om beskikbare werknemersgesondheids- en welstandsdienste te gebruik om die geestelike en emosionele tol van hul veeleisende werk aan te spreek. Kwessies wat die welstand van SAPD-lede raak, sluit in geestesgesondheidskwessies, leefstylsiektes, dissiplinêre sake waarmee hulle te kampe het, en finansiële uitdagings. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die land kan nie ‘n funksionerende SAPD hê sonder ‘n fisies en emosioneel gesonde span mans en vroue in blou nie:

ENG MatheonWellness