# Die Withuis-perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die Amerikaanse weermag het president Donald Trump in kennis gestel van Israel se aanval op Hamas in Doha, en hy het opdrag gegee dat Katar voor die aanval gewaarsku word. Israel het gister ‘n ongekende aanval teen Hamas-leierskap in Katar uitgevoer, wat ‘n sleutelbemiddelaar in die wapenstilstandgesprekke in Gaza was. Vyf Hamas-lede is in die aanval dood. Leavitt sê Trump het die Katar-regering verseker dat so iets nie weer op hul grondgebied sal gebeur nie:
Withuis sê Trump het Katar gewaarsku oor Israel se aanval in Doha [KLANK]
ENG LeavittOnUSResponse