# Sokker: Die Engelse Premierligaspan Nottingham Forest het afrigter Nuno Espirito Santo afgedank na 21-maande in beheer en slegs drie wedstryde in die nuwe seisoen. Die Portugees het in Junie ʼn driejaar-kontrak onderteken, maar verlede maand erken sy verhouding met die eienaar, Evangelos Marinakis, het versleg. Nuno het Forest verlede seisoen na ʼn sewende plek in die Premierliga gelei en die span het die eerste keer in 30-jaar vir die Europese Liga gekwalifiseer. Tottenham Hotspur se voormalige afrigter, Ange Postecoglou, is ‘n kandidaat om oor te neem.
Sokker: Nottingham Forest dank afrigter af na drie wedstryde in die nuwe seisoen