# President Cyril Ramaphosa beantwoord vandag vrae van parlementslede in die Nasionale Vergadering in Kaapstad. Die hooffokus is op samewerking met die Amerikaanse regering vir die bereiking van ‘n handelsooreenkoms en die verlaging van tariewe. ‘n Evaluering van Suid-Afrika se presidentskap van die G20 is ook op die agenda. Die Presidensie sê Ramaphosa sal ook die regering se standpunt oor die toekoms van die Posbank uiteensit en die beoogde uitkoms van die nasionale dialoog bespreek.
Ramaphosa beantwoord vandag vrae in die Parlement oor VSA tariewe, die nasionale dialoog en G20