# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het kommer uitgespreek oor die 12,3-persent afname in indiensneming in die telekommunikasie-, uitsaai- en possektor. Die parlementêre ekonomiese groepering het die media gister ingelig. Die komiteevoorsitter, Khusela Sangoni Diko, sê hierdie daling weerspieël groter ekonomiese druk, maar beklemtoon ook strukturele swakhede in die sektor. Sy sê hulle verwag van die regering om dapper, beslissend en vernuwend te lei om die digitale ekonomie se volle potensiaal te ontsluit:
Parlementêre komitee bekommerd oor dalende indiensneming in uitsaai- en pos-sektor [KLANK]
ENG DikoOnICTSector