# Die vlieërplankryer Graham Howes van Bloubergstrand in Kaapstad se liggaam is gevind ná ‘n uitgebreide see-, lug- en kuslynsoektog. Die 38-jarige is gisteraand as vermis aangemeld nadat hy nie huis toe gekom het nadat hy die middag vlieërplank gery het by Eden-on-the-Bay nie. Hy is laas gesien op ‘n blou en swart vlieërplank met ‘n wit vlieërseil in rooi gemerk en was geklee in ‘n swart duikpak. Die oorsaak van sy dood is onbekend en die owerhede gaan voort met die ondersoek.
Liggaam van vermiste Bloubergstrandse vlieërplankryer, Graham Howes, gevind