Tennis: Die pasgekroonde Amerikaanse Ope-kampioen, Carlos Alcaraz, sê ‘n loopbaan-Grand Slam is sy doelwit nadat hy Sondag sy sesde Grand Slam-titel ingepalm het. Hy het sy vernaamste teenstander, die Italianer Jannik Sinner, as die wêreld-nommer-een vervang, en sal die jongste man wees om al vier Grand Slam-toernooie te wen as hy in Januarie in die Australiese Ope seëvier. Die 22-jarige Alcaraz het nog nooit verder as die kwarteindronde in Melbourne gevorder nie. Sy beroemde landgenoot, Rafael Nadal, was 24 toe hy die merkwaardige prestasie in 2010 bereik het.
Tennis: Alcaraz mik na ‘n loopbaan-Grand Slam na sy Amerikaanse Ope-oorwinning