# South African Church Defenders is bekommerd oor die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, se opmerking dat mense wat beweer hulle hoor God se stem, vir sielkundige sorg verwys moet word. Godsdiensgroepe veroordeel haar opmerking as ‘n gevaarlike ontkenning van die geestelike werklikheid. Mkhwanazi-Xaluva het haar standpunt verdedig en sê dis noodsaaklik om godsdienstige praktyke te reguleer om die misbruik daarvan te voorkom.
Church Defenders kritiseer opmerking dat mense wat God hoor sielkundige sorg benodig