Skip to content

Kanovaart: Span SA wen vier medaljes op marathon-wêreldkampioenskap

# Kanovaart: Span Suid-Afrika het twee brons- en twee silwermedaljes gewen op die marathon-wêreldkampioenskap in Hongarye. Keegan Vogt van Maritzburg College het silwer gewen in die K1-wedvaart en daarna met Ryley Smith saamgespan om die bronsmedalje in die K2-item op te raap. Andy Birkett het sy vierde silwermedalje in die mans se K1-wedvaart en negende algehele kampioenskapsmedalje gebuit. Jade Wilson het Suid-Afrika se medalje-oes voltooi met brons in die vroue se Onder 23-K1-item. Die land was elfde op die medaljeleer.