Skip to content

UNESCO plaas kollig op Internasionale Geletterdheidsdag

# Dis vandag Internasionale Geletterdheidsdag waarop die belangrikheid van geletterdheid om ʼn meer geletterde, vreedsame en volhoubare samelewing te skep, beklemtoon word. Vanjaar se tema is: Bevorder geletterdheid in die digitale era. In 2024 het minstens 739-miljoen mense wêreldwyd nie oor basiese geletterdheidsvaardighede beskik nie. Terselfdertyd het vier uit tien kinders nie basiese leesvaardighede gehad nie. UNESCO sê behalwe lees en skryf op papier, stel geletterdheid mense in staat om veilig en behoorlik toegang te kry tot digitale inhoud om dit te verstaan, te evalueer, te skep, te kommunikeer en te gebruik.