# Motorsport: Formule Een het aangekondig dat die Monaco Grand Prix tot 2035 by die baan aangebied sal word. Die ikoniese wedren langs die Middellandse See is al deel van Formule Een sedert die eerste seisoen in 1950. Die uitvoerende hoof en president van Formule Een, Stefano Domenicali, sê dit is ‘n beroemde wedren en is geliefd by bestuurders en ondersteuners, met ‘n unieke atmosfeer danksy sy ligging in die wêreld se glansrykste prinsdom. Die volgende wedren van hierdie seisoen is die Italiaanse Grand Prix môre by Monza.
Motorsport: Formule Een sal Monaco Grand Prix tot 2035 aanbied