# Sokker: Bafana Bafana speel vanaand in Bloemfontein teen Lesotho in ‘n kritieke FIFA Wêreldbeker-kwalifiseerder. Bafana Bafana loop met 13 punte voor in Groep C, terwyl die Krokodille vyfde lê met 6 punte. Beserings in die span het veranderings genoodsaak, met Sipho Mbule wat Patrick Maswanganyi vervang. Thabo Moloisane staan in vir Ime Okon. Die afskop is om sesuur. Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê die groep weet hulle móét wen en sal Lesotho nie onderskat nie:
Sokker: SA pak Lesotho vanaand in deurslaggewende FIFA-wêreldbeker-kwalifiseerder [KLANK]
ENG-WilliamOnMatch