Skip to content

Rugby: Bokke fokus op wedstryd, nie op geskiedenis by Eden Park nie

# Rugby: Die hulpafrigter van die Springbokke, Mzwandile Stick, het hom nie veel gesteur aan die druk van ‘n toets op Eden Park nie en fokus op hulle voorbereiding vir die wedstryd môre teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap. Hy sê hulle gaan op die statistieke fokus en nie op die geskiedenis nie, omdat ‘n wedstryd nie deur geskiedenis gewen word nie. Net Eben Etzebeth, Siya Kolisi en Willie le Roux in die groep van 23, het al voorheen op Eden Park gespeel waar die Bokke die All Blacks laas in 1937 geklop het. Die afskop is om vyf-oor-nege Suid-Afrikaanse tyd.